Word ‘n Agri Wes-Kaap lid
SAAM SKEP ONS VOORTREFLIKE GROEI
As Produsent van die Wes-Kaap speel jy en jou boerdery ‘n kernrol in die skep van ‘n gesonde fondasie vir ons toekoms.
Agri Wes-Kaap se rol is om jou in hierdie taak te ondersteun en om jou belange binne en buite die Landbou
te bevorder, sodat ‘n raamwerk bestaan waarbinne plaaslike Landbou kan antwoord op die uitdagings in ons bedryf.
’n Raamwerk en omgewing waarbinne ons, as waardige wêreldleiers in ons gebied voortreflik kan groei.
- Ons skep ‘n kollektiewe magsbasis vir die landbougemeenskap in die Wes-Kaap.
- Ons fokus voortdurend op die ontwikkeling van vooruitstrewende landboustrategieë.
- Ons dien as katalisator om noodsaaklike verandering binne landbou in die Wes-Kaap aan te voer en sodoende ‘n volhoubare toekoms vir landbou in die provinsie te verseker.
- Ons bewerkstellig ‘n positiewe beleidsraamwerk vir die landbou in die Wes-Kaap waarbinne wette, regulasies, ordonnansies en gesindhede landbou-vriendelik is.
- Ons sien toe dat die houdingsingesteldheid binne landbou in die Wes-Kaap positief en toekomsgerig is.
- Ons sien toe dat landbou in die Wes-Kaap sy eie toekoms, deur aktiewe betrokkenheid op alle lewensterreine verseker.
- Ons bied ‘n fokuspunt waardeur die kollektiewe belang van landbou in die Wes-Kaap optimaal bevorder word.
Verseker VOORTREFLIKE GROEI vir jou en jou boerdery, doen nou aansoek.
Doen aansoek, klik hier
Ons sal die nodige reëlings via jou naaste plaaslike Landbouvereniging
tref en skakel jou binnekort terug.